Vry is vir almal wat lief is vir musiek. Almal. Of jy nou n klassieke musiek liefhebber, Rock en Roll of Boere Orkes fanatikus is, of jy in die Laerskool is of ‘n pensionariskaart het, jy sal begeesterd en en bevry huistoe ry.
Die resensent Jeff Bruckman beskryf Zanne immers as n “nasionale skat”.
Kom ontdek die vreugde van musiek opnuut saam met Zanne. Sy is jou geesdriftige en verassende gids op ‘n unieke en opwindende musikale reis.
Beleef besonderse en betowerende Barok arias, uitbundige Spaanse Zarzuela, intense tango asook verskeie juwele gepluk uit musiekblyspele en rolprentmusiek.
Saam met Zanne op die verhoog is die verruklike pianis, Elna van der Merwe en die meesterlike violis, Piet de Beer.