Vry is vir almal wat lief is vir musiek. Almal. Of jy nou ’n klassieke musiek liefhebber, Rock en Roll of Boere Orkes fanatikus is, of jy in die Laerskool is of ’n pensionaris-kaart het, jy sal begeesterd en en bevry huis toe ry.
Zanne Stapelberg is ’n geesdriftige en verrassende gids op ’n unieke en opwindende musikale reis. Beleef besonderse en betowerende barok arias, uitbundige Spaanse Zarzuela, intense tango asook verskeie juwele gepluk uit musiekblyspele en rolprentmusiek.
Saam met Zanne op die verhoog is die pianis Philippus Hugo en die violis Piet de Beer.
Vry is 24 November 2019 by Die Boer in Durbanville. Kaartjies kos R140 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com.
