Jan, Piet en Koos bespreek hul vrouens se gewig. Dit was veral na die troue dat die dames sommer skielik baie groot geraak het.

Jan: “Ek dink aan ‘n nuwe kar aanskaf, want die onderstel gaan een van die dae teen die grond skuur.”

Piet: “Dis nog niks, my vrou kan nie meer by die voordeur inkom nie. Skuins draai help nie meer nie, ek sal van daai nuwerwetse dudbbeldeure moet kry.”

Koos: “Hel manne, laat ek julle bietjie vertel van groot.” sê Koos terwyl hy oor sy boepens vryf.
“Ek en my vrou is die naweek Kaap toe. Ons lê ons nog so lekker in die sonnetjie daar op Kommetjie se strand toe storm daar ‘n groep mense op my vrou af en probeer haar wragtig tot in die water rol.”
“My vrou is groot manne.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply