Vry Voël

Wat is ‘n “glanspersoonlikheid”? Wat staan Afrikaanse sanger te doen as hy wel die persoonlikheid het, maar nie die glans nie? Hy vra iemand met genoeg glans vir twee om langs hom te glinster.

In hierdie vertoning sal dit nie moeilik wees om te sien wie die “glans” verskaf nie; Nicole Holm, wat met haar kragtige stem en verhoogpersoonlikheid ‘n nuwe dimensie verskaf aan die Koos Kombuis-solo-shows wat ons die afgelope klompie jare leer ken het.

Koos Kombuis het sy bekende oeuvre onlangs uitgebrei en effe wegbeweeg van die politieke kommentaar en sinisme van sy vorige album Bloedrivier. Met sy nuwe werk raak hy persoonlike kwessies aan, sy drome, sy vrese, dit waarin hy glo, dit waaroor hy spyt is, dit wat hom verbly. Hierin opgesluit lê die drome, vrese, geloof, berou en vreugdes van elkeen wat daarna luister.

Die kroegstoel en die bottel rooiwyn sal nog steeds daar wees, die hardebaard-lirieke en eenvoudige kitaarnote, maar hierdie keer is daar ook iets vir die oog, om nie van die kritiese oor te praat nie.

Vry Voël is deur resensente beskryf as een van die hoogtepunte van die 2010 KKNK.

20 November by Die Boer in Durbanville.
Kaartjies: R100.00
Besprekings: 021 979 1911 / 083 406 0111

Nicole Holm + Koos Kombuis
Nicole Holm + Koos Kombuis
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar