wat ek wou sê

Sewe jaar ná haar vorige album uitgereik is, is Laurinda Hofmeyr se langverwagte nuwe CD, wat ek wou sê, bekend gestel.

Soos met haar vorige albums, bestaan wat ek wou sê uit toonsettings van Afrikaanse digters se werk. Breyten Breytenbach het van Laurinda gesê: ‘Sy sorg vir die teks soos ‘n Boeddhis na ‘n gewonde soldaat of ‘n blinde vrou sou omsien.’ In Laurinda se vertoning word hierdie kombinasie van goeie, wyd-uiteenlopende musiek, tesame met die diepgang van goeie digkuns bymekaar gebring tot ‘n unieke kunservaring. Sy doen wat sy die beste doen – trou poësie met musiek op ‘n outentieke, vernuwende manier.

Laurinda slaag daarin om “catchy tunes” te maak, musiek waarna mense oor en oor wil luister, terwyl sy terselfdertyd getrou bly aan die essensie van die gedigte. Bygestaan deur gesoute musikante, Schalk Joubert (baskitaar), Kevin Gibson (tromme) en Mabet van Wyk (agtergrondsang), sowel as digkuns wat strek van dié van Leipoldt en Van Wyk Louw tot dié van Toast Coetzer en Ronelda Kamfer vorm hierdie optrede ‘n ervaring wat musiekliefhebbers se tone laat krul en poësieliefhebbers aan die hart gryp.

Ou Meulteater, Paarl
Vrydag, 13 November 2015
20h00
R120.00

Laurinda Hofmeyr
Laurinda Hofmeyr

Lewer kommentaar

Leave a Reply