Weskus-Party

Geniet ‘n aand vol Weskus-jolyt vir die hele gesin aangebied deur Basjan, Zandrug Aartappels en die Clanwilliam Gholfklub.

Basjan is gebore en getoë in Namakwaland se Garies en Port Nolloth. Sy eerste album verskyn in 2001 met die titel Hiert jou lekker ding. In dieselfde jaar wen hy die Geraas Musiektoekenning (GMT) vir die beste Boeremusiekalbum. In 2002 verskyn sy tweede album getiteld Basjan se Boerejol en in 2003 wen hy weer die GMT vir die beste Boeremusiekalbum.

Afrikaans en sy wêreld – die Weskus en Namakwaland – lê Basjan baie na aan die hart en motiveer hom om in 2005 ‘n DVD en CD getiteld Basjan se Weskus-Party uit te gee. Nommers soos “Torralied”, “Ysterwielkruiwa” en “Weeskind” verleen ‘n regte Weskus-geur aan die album. Hy gee ook ‘n Weskus-Partie Vol. 2 uit. Binne ses maande het die DVD reeds Goue Status verwerf en in 2007 word die CD genomineer vir die Vonk Musiektoekennings.

Kaartjies: R60 per volwassene. R40 per skolier en voorskool vir die vertoning
Gebraaide snoek ete met aartappels word te koop aangebied teen R50 per persoon.
Bespreek u ete by Johann Basson by telefoon 082 889 8002 en 027 482 2155
Kontantkroeg beskikbaar.
Super 12 Rugby op groot skerm.

Cederberg Kunstefees 2010

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar