Wieke Garcia is in Madrid (Spanje) gebore en het in Alkmaar (NL) grootgeword.
Beide haar ouers was musikante. Haar vader het jazz en haar moeder op keltiese musiek beoefen. Dit het vroeg reeds haar belangstelling in musiek geprikkel en sy het op ‘n vroeë ouderdom die harp begin bespeel. Daarna het sy verskeie instrumente bemeester, onder andere die keltiese doedelsak en draailier.
Op veertien het sy en haar moeder deur Europa getoer om saam op verskeie musiekfeeste op te tree.
Enkele jare later het sy haar heeltemaal op Latynse perkussie toegespits en het dit in 1998 aan die Rotterdamse Conservatorium bestudeer. Die jaar daarop het sy Brasiliaanse sang as tweede hoofvak geneem. Tydens hierdie periode het sy in verskeie groepe gespeel, onder andere die Brasiliaanse groep Giramundo en die Flamenco groep Mala Sangre.
