Van Veen koester steeds ‘n teer gevoel

“Lieg alsjeblieft niet tegen me,
Niet over iets groots,
Niet over iets anders
Liever hoor ik het vernietigste dan dat je liegt
Want dat is nog vernietigender”
– Herman van Veen

Herman van Veen is op 14 Maart 1945, tydens die Tweede Wêreldoorlog, in Utrecht (Nederland) gebore.

Hy sing uit die perspektief van oorlog, (“.Bommen vallen/vissen driven/op hun rug/in de rivier/de stadt groeit/als een tumor”, uit El sol Brilla vanaf die album ‘n Teer gevoel.) Oorlog of die elemente daarvan is aanwesig in sy lirieke of op die agtergrond. In ‘n onderhoud met ‘n koerant sê hy, “Jy moet jou kos opeet, want mense het honger gely. Borsel jou tande, want in die oorlog is dit uitgetrek. Was jou hare, want dit is gebruik om kussings mee te stop. Was jouself, jou vel, want in die oorlog is die Jode se velle gebruik om lampskerms van te maak.” Dié Europese voorstelling is sy verwysingsraamwerk.

Van Veen se liefde vir sy moeder is ook alomteenwoordig in sy musiek, hy onthou haar met deernis as die moeder wat versorg, koester, kos voorsit maar bowenal onthou hy haar besondere reuk.

Van Veen se humanitêre werk lê hom na aan die hart en neem hom na die uithoeke van die aarde, Indonesië, die Filippyne, Suid-Amerika, Afrika en Europa. In 2004 is hy vereer met die “World Peace Flame”, ‘n simbool vir vrede, vryheid, eenheid en waarheid, geïnspireer deur die ewige vlam in die huis van Mahatma Ghandi. As voormalige welwillendheidsambassadeur van die Verenigde Nasies se kinderfonds (Unicef) glo Van Veen daar word wêreldwyd heeltemal te min gedoen om kinderregte te bevorder.

Die organisasies Colombine, Stichting A.J.K., Stichting Roos en die Herman van Veen Foundation is deur hom gestig, organisasies wat hulle toespits op die regte van die kind en klein projekte in ontwikkelingslande ondersteun, ook in Suid-Afrika. Hy glo ‘n kind wat opvoeding het en vir wie gesorg word, gaan nie na wapens of misdaad gryp nie.

Die Herman van Veen Foundation is ook aktief in Suid-Afrika en ondersteun verskeie projekte, soos die Colombine maternity clinic, eco-opvoedkundige programme in Mpumalanga en die oprigting van ‘n mediese kliniek by Elandsdoorn naby Groblersdal.

“Die hemel is weer helder.. Kaap de Goede Hoop.
Staan op die puntjie van die aarde, soos die Kleine Prins eens op sy planeet, en stel onomwonde vas:
die lewe is ‘n wonder.”
– Herman van Veen

“Ek dink ek is ‘n goeie clown. Wat ek doen, is universeel.” Herman glo humor is bevrydend, “As jy lag, beweeg jy verder weg van jou angs. Om vir jouself te lag, is die lekkerste, maar om vir ander mense te lag, is ook lekker. Dit breek die angs af wat bestaan tussen mense.”

Herman van Veen sal Suid-Afrika in Augustus en September vanjaar besoek vir ‘n landswye konserttoer. Besprekings is reeds oop vir Hoed af, Herman van Veen, sy derde nasionale toer ter plaatse. Hy sal deur Edith Leerkes op klassieke kitaar en Wieke Garcia op perkussie begelei word.

Edith Leerkes was ‘n student van Louis Gall en in Spanje van Ernesto Bibetti. In 1987 word sy lid van die Amsterdamse Kitaar Trio. Met dié Trio het sy oor die hele wêreld opgetree, onder andere in die Concertgebouw in Amsterdam, Carnegie Hall in New York, Ambassador Auditorium in Los Angeles en die Casals Hall in Tokio. In 1998 kondig sy haar uittrede aan vir ‘n voltydse samewerking met Van Veen. Saam met hom het sy ‘n CD en televisieprogram, Du Bist die Ruh oor Franz Schubert geskryf en geproduseer. Verdere gesamentlike opnames sluit in Colombine en de Stemmendief, ‘n musiekspel vir kinders; Nu en dan, ‘n audiobiografie oor Herman van Veen en Je zoenen zijn zoeter, ‘n CD met sigeuners jazz saam met die Rosenberg Trio.

Meer oor Wieke Garcia is te lees op haar webtuiste http://www.wiekegarcia.com/

Hoed af, Herman van Veen word aangebied in die Kaapse Internasionale Konferensiesentrum op Saterdag 27 Augustus, by die Mosaïek in Johannesburg op Donderdag 1 September, en in die SA Staatsteater in Pretoria op Saterdag 3 September. Besprekings by Computicket.

Haydee Hollander, self ‘n Van Veen bewonderaar, het ‘n paar vrae per e-pos gestuur aan die Nederlandse kabaret fenomeen met die bloeiende hart:

Daar is dikwels die heenwysing na u geboorte midde-in die oorlog? Hoe het u dit as kind ervaar? Watter beelde, klanke, indrukke is (nog) die sterkste?

Herman: Ik ben aan het einde van de tweede wêreldoorlog geboren. Ik herinner mij alleen de geur van mijn moeder.

Clowns dra hulle wêreld met hulle mee en herskep dit in elke vertoning. Is dit ook die geval met u vertonings? Is daardie “force of evil” waarvan u sing in die liedjie Butterfly ook alomteenwoordig?

Herman: Zie de force of evil als de apathie, de onverschilligheid die er altijd overal is.

In die liedjie As jy kom sing u van die doodsnar – hoe sluit dit aan by die nar en sy tradisionele rol?

Herman: Een clown is bij zijn eigen begrafenis en huilt dan het hardst!

U bekommer u “suf” oor die dood? Stef Bos beskryf die dood “as te groot vir woorde”, Francis Bacon sê mans vrees die dood soos kinders die donker vrees. ‘n Paar jaar terug moes u inderhaas konserte in Suid-Afrika kanselleer weens u moeder se siekte. Daar was ook die dood van Tommy Cooper en die film Nachtvlinder. Het die dood nou ‘n (herkenbare) gesig (met die heengaan van ‘n geliefde of familielid?)

Herman: Ik geloof niet in de dood, de dood is een verandering.

Wiegeliedjie vanaf u album Je zoenen zijn zoeter is soos ‘n grafskrif? (“.De oorlog zal nooit mijn liedje verstommen.”)

Herman: U moet dat zien als niet opgeven, nooit capituleren.

Hoe verskil die nood van kinders in die Filippyne en Suid-Amerika van die kinders in Europa en Soweto en die kinders se ervaring daarvan?

Herman: Alle kinderen hebben rechten, ze kunnen daar zelf niet voor opkomen. Dat moeten wij doen. Elke nood is anders, elke nood is een nood te veel.

U sê wat u doen is universeel en dat dit ook vir swart kinders geskik sal wees. Het swart gehore in (Suid)-Afrika al met u komedie en satire kennis gemaak en wat was die reaksie?

Herman: Bewondering en blijheid! Altijd.

Die periode tussen 4 en 10-jarige leeftyd is volgens u “.een heel boeiende leeftijd, omdat in die periode een kind de meeste vragen stelt en durft te stellen.” Hoe kry jy klein kinders wat in oorlog gebore word, ouerloos en voortdurend honger is, weer aan die lag?

Herman: Als wij er voor zorgen hun rechten te waarborgen.

Hoe vorder die planne vir ‘n teater in Soweto?

Herman: Wat nog moet gebeuren is de saamhorigheid ter plekke.

U sê in ‘n onderhoud met Louis Oelofse vir Rapport (7 November 2004) dat u hou van die reuk van ons land? Kan u die reuk beskryf?

Herman: Ja, dat is een combinatie van moedermelk, bloesem en hout.

Hoed Af, Herman Van Veen – Waarop slaan die titel vir u as kunstenaar? (vir die gehoor is die betekenis sekerlik tweeledig) wie salueer u in dié vertoning?

Herman: M’n ouders, m’n kinderen, m’n vrienden, het leven zelf.

Resensente beskryf u verhoogoptredes as “delikaat, eerlik, presies, ongelooflik kreatief, briljant.” Is u nog net so hartstogtelik lief vir die verhoog soos 45 jaar gelede?

Herman: ik geniet er meer en meer van. Misschien omdat tijd een andere betekenis gekregen heeft. Ik ben dan ook niet van plan om te stoppen. Ik zal zingen tot de laatste noot. Al is de dood van artiest Tommy Cooper, middenin een optreden, natuurlijk nooit te overtreffen. Dat is te mooi geweest.

En a u Koning was van Nederland – met soveel mag wat sou u verander (of nie)?

Herman: Als ik koning was, dan zal ik aftreden in naam van de democratie.

Wiegeliedje (vanaf die album Je Zoenen Zijn Zoeter)
Met liedjies zing je
De oorlog niet over
Hoe hard je ook zingt
Je overstemt het schieten niet
Hoe groot het verzet
Het blijft een verzetje
De wereld wakker zingen
Met een wiegeliedjie
Geef de oorlogskinderen een naam
Zodat ze dichter bij je zijn
Noem ze Remco of Charlotte
Jasperina, Boudewijn
Geef de thuislozen hun huis terug
En de slaaplozen hun slaap
Noem ze Marco, Jann, Mathilde
Edith, Hella, Jaap
De oorlog zal nooit
Mijn liedje verstommen
Hoe luid het gebulder
Hoe zacht mijn gezang
Hoe groot het geweld
Hoe klein mijn wiegeliedjie
Ik blijf wel wakker
Wees maar niet bang
Geef de oorlogskinderen een naam
Zodat se dichter bij je zijn
Noem ze Nonnie, Nous’che
Sammie, Constantijn
Geef de goddelozen hun geloof terug
Wees een ouder voor de wees
Noem ze Erik, Nard, Suzanne
Thomas, Judith, Kees
Geef de oorlogskinderen een naam
Dan kun je dichter bij ze zijn
Noem ze Jelle, York of Anne
Rosalein of Valentijn
Geef de notaries weer hun wortels
Gun de stervende een bed
Noem ze Letja, Merlijn of Roger
Hubert, Robert Jan, Babette
(Wiegeliedje – album Herman van Veen & The Rosenberg Trio: Je zoenen zijn zoeter)

Vir verdere naslaanwerk, klik gerus op die volgende skakel:
www.hermanvanveen.co.za
http://www.mandela-children.nl/MKBServers.net/Mandela%20Kinderfonds/Home.nsf/?Open

bydrae: Haydee Hollander

Lewer kommentaar

Leave a Reply