#Woordfees Bra Tete

Die US Jazz Band, onder leiding van Felicia Lesch, is ’n jong, dinamiese groep musikante wat gereken word as van die belangrikste rolspelers in die plaaslike jazz-bedryf.

Hulle open Bra Tete se konsert.

Bra Tete Mbambisa staan bekend as die stil held van Suid-Afrikaanse jazz.

Dié kunstenaar, wat homself leer klavier speel het, laat die klawers die praatwerk doen. Hy het saam met al wat groot jazz-musikant is gespeel – Basil ‘Manenberg’ Coetzee, Early Mabuza, Duke Makasi, Hugh Masekela, noem maar op. En nou kom hy Woordfees toe om Stellenbosch aan die brand te tokkel.

Ervaar die ou gees van Sophiatown in die Eikestad.

Met: Bra Tete Mbambisa en die US Jazz band

Genre: Musiek
Taal: Veeltalig
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 40 minute
Kaartjies: R100, R80 (studente en pensioenarisse) | R120, R90 (studente en pensioenarisse) by die deur
Plek: Neethlingshof, Stellenbosch
Datum: 13 Maart 18:30

Woordfees 2016

Bra Tete,
Roekeloos,
15 Februarie 2016.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply