Roekeloos,
10 Maart 2015.
Uit die Afrikaanse Roebaijat, die kwatryne van die Persiese digter, Omar Khajjam, lees die digter-vertaler Daniel Hugo voor, en liedjieskrywer Nedine Blom sing.
Khajjam (1048-1131) was ‘n filosoof, wiskundige, sterrekundige en wyn-fynproewer wat die vreugdes van die hier en nou in 1 000 kwatryne besing het: die vrou, die wyn en die digkuns. Hugo se vertaling van 50 kwatryne in moderne Afrikaans het gesorg vir ‘n topverkoper-bundel, terwyl Blom die toonsettings gedoen het.
Met: Daniel Hugo (voorleser), Nedine Blom (stem), Jan-Willem van Houwelinge (kitaar), en Junaid Galant (tradisionele Arabiese sanger)
Regisseur: Daniel Hugo en Nedine Blom
Komponis: Nedine Blom
Vertaler: Daniel Hugo
Produksiehuis: HugoBlom produksies
Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R 120
Plek: Weltevreden, Stellenbosch
Datum: 10 Maart 19:00