Bitteraalwyn / Bergaalwyn / Kransaalwyn

Aloe ferox

Hierdie is seker die bekendste van Suidelke Afrika se aalwyne. Die bergaalwyn staan in die Wes-Kaap, Kwazulu-Natal en Lesotho.

Die plant het een stam bedek met blare op die hoogste punt. Die ouer blare is onder die nuwes, dit verlep en val af met ouderdom.

Die plant is gehard, sal omtrent enige plek groei, maar verkies om in die son te staan. Die oranjekleurige blomme kan enige tyd van die jaar verskyn, dit hang af van die plant se posisie en die klimaat van die omgewing.

Aalwynsap word van die bergaalwyn verkry.

Die foto is in Worcester se botaniese tuin geneem deur Andrew Massyn.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply