Rotstert / Hanekam

Antholyza ringens

Die rotstert, ook genoem die hanekam, kom natuurlik voor aan die Suidwes-Kaap se kus. ‘n Soortgelyke knolplant kom voor in die binneland van die Suidwes-Kaap, Antholyza plicata, maar dit is ‘n groter plant met blomme wat omtrent twee keer so groot is soos die van die rotstert. Laasgenoemde kom ook in Namakwaland voor.

Die rotstert is ‘n klein knolplant met blomme wat omtrent 250 mm groot word. Hulle hou van baie son en wil gereeld water hê.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply