Vergeet-my-nietjies het net bietjie water en ‘n halfsonnige staanplek nodig. Die pragtige blommetjies teel so maklik soos onkruid aan.
Die blommetjies se kleur kan wissel van blou tot pienk.
Die plante is rypbestand.
Myosotis scorpioides
Hierdie meerjarige Vergeet-my-nietjie, met helderblou blomme, groei tot 450 mm hoog.
(foto Kenpei)