Vinkel is ‘n aromatiese plant met geel blomme en ovaalvormige vrugte. Die saad van die vrug word as geurmiddel gebruik.
Kweek dit van saad wat jy direk saai, want vinkel verplant nie goed nie.
Bedrewe tuiniers weet almal dat vinkel baie maklik groei en in enige grondsoort of posisie volwassenheid bereik. Die geheim van vinkel is egter hoe ryker die grond hoe sagter die loof. Dit verkies ook ‘n sonnige posisie en genoeg water.
Moet dit nie naby koljander of dille plant nie.
Verwyder die blomkoppe om bolvorming aan te moedig. Bolvorming kan verder aangemoedig word deur die grond om die stingel op te hoop.
Indien jy vinkel nodig het vir jou kombuis hoef jy net een plant in die tuin aan te hou. Een plant is genoeg vir een gesinstafel.
(foto Satrina)
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Waarvoor kan ek vinkel gebruik
Gebruike van vinkel