Maak jou vrugtebome net elke drie weke nat en sorg dat daar ‘n deklaag is om verdamping te keer.
* Boor ‘n gat in ‘n boomstomp en gooi diesel in om te keer dat die boom weer uitloop.
* Wanneer ‘n boom verplant word is dit raadsaam om die boom te merk (bv. noord) voordat dit uitgehaal word sodat dit weer in dieselfde posisie t.o.v die windrigtings geplant kan word. Dit maak die aanpassing soveel makliker.
* As jy ‘n tak van ‘n boom afsaag, saag dit eers van onder af halfpad en dan van bo af – sodoende kan die bas nie na onder afskeur nie.