Cyphomandra betacea
Die boom word maksimum 3,5 meter hoog. Dit het groot fluweelagtige blare en dra trosse klein pienk blommetjies. Die eiervormige vrugte is oranje as hulle ryp is en proe na ‘n kruis tussen tamaties en grenadellas. Moet egter nie die skil eet of kook nie, dit proe vrank.
Die bome hou nie van ryp en wind nie en vaar die beste in beskutte areas in die tuin. Die grond moet goed dreineer en baie vrugbaar wees. Gee gereeld water, ten minste elke drie weke in die somer.
Plant dit net soos ander vrugtebome.
In die lente moet die boom 250 g 3:1:5 kry en weer in die somer. Ouer bome moet 500 g kry.
Nadat die vrugte geoes is, moet die boom liggies gesnoei word.
Neem kennis dat die bome maksimum 7 jaar oud word.
Hello my naam is Frikkie kan iemand my sê hoekom val my boomtamatie se blomme na n tydjie af da kom bye water op hul tyd ma blomme val af geen vryg nie dankie
Hoe plant ek dit van n pit af
Hoe plant en nuwe boompies het n paar van voorige boom oor die ander boom is dood? Groot asb
Kan ek dit in n pot plant?
Kan ek dit in n pot plant?
Goeidag ek het boomtamatie plante tekoop kontak my by 0791734371
GOEIDAG EK HET BOOMTAMATIE PLANTE TE KOOP KONTAK MY BY 0791734371
Ons boomtamatie vruggie is al 2maande aan die trossies maar word nie verder ryp nie. Bly grasgroen
Hoe lank neem boomtamaties om ryp te word.Hulle hang al lank maar verkleur nie.
Gewoonlik so 25 weke.
Kan mens dit in 'n pot pkant?
Ja, sorg net dat jy 'n ordentlike grootte pot het.
Ek op soek na boomtamatie planties of pitte