Lekkerbreek / Seermaak / Zeerbos / Barnardsgif / Pypsteelhoutboom / Mansaf / Rooihout / Mickey Mouse-boom / nZololo

Ochna pulchra

Die lekkerbreek is ’n klein tot middelmatige boom wat 3 meter tot 8 meter hoog word. Dit is bladwisselend en het ’n ronde kruin en grys stam. Die stam skilfer en is vol wit, roomkleurige of groen kolle. Dit dra geurige geel blomme.

Dié boom het verskeie name, onder andere staan dit bekend as die Mickey Mouse-boom, omdat die vrugte soos Mickey Mouse lyk. Om die rede is daar destyds ’n lekkerbreek in Disneyland geplant. Die boom kom natuurlik voor vanaf Gauteng noordwaarts in Afrika in tot by die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Die boom se saad is giftig, maar die olie wat uit die swart bessies gekook kan word kan geëet word.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply