Combretum erythrophyllum
Die boom word op rivieroewers of klam, oop plekke in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Swaziland en selfs Gauteng aangetref. Dit word tot 12 meter hoog en het meer as gereeld meer as een stam. Dit het ’n digte, spreiende kruin en slap, wilgeragtige takke. Die bas is liggrys tot bruin en blink blare.
Die boom se blomme is klein, liggroen en groei in digte trosse in die oksels van die blare. Die vrugte word tot 2 cm lank en dit lyk asof dit uit ligte houtskaafsels gemaak is.

great!
Pragtige boom in enige omgewing. Kan egter groot word – het al van die bome gesien wat 20 meter hoog word. Stel voor dat die bome goed weg gesnoei word gedurende herfs – veral in komplekse.
Pragtige boom in enige omgewing. Kan egter groot word – het al van die bome gesien wat 20 meter hoog word. Stel voor dat die bome goed weg gesnoei word gedurende herfs – veral in komplekse.
Ek soek raad asseblief, ek het twee Vaderlandswilg bome geplant in Desember en die een het nou n swart aanpaksel op sy takke en die nuwe blare op die punt van die takkies begin dood gaan. Is dit swartroes of een of ander swam? Wat moet ek doen om die boom te red.