Burkea africana
Die Burkea verwys na Joseph Burke, ’n bekende plantkundige.
Die wildesering kom voor van die Bosveld tot by die sandvelde van die Krugerwildtuin. Dit word tot 5 meter hoog en het ’n growwe donker bas wat dikwels afskilfer. Die boom se jong lote is bedek met digte ferweelagtige rooierige hare.
Die blare sit dig opmekaar aan die punte van takke. Die blomme groei ook dig opmekaar. Die blomme is klein, liggeel en ruik soet. Die boom dra peule wat gewoonlik net een saad bevat.