Artisjokke

Cynara scolymus

Artisjokke het baie sonlig nodig en ryk, goed gedreineerde grond. Die grond moet tot op 25 cm omgespit en met kompos of mis en 60 g 2:3:2 verbeter word.

Dit is ’n meerjarige plant wat die produktiefste is in die tweede en derde jaar.

Maak seker jy koop klein plantjies of gebruik die lopers van produktiewe plante. Met saad weet jy nooit watter kwaliteit plante jy kry nie. Die plante moet ten minste ’n meter weg van mekaar staan.

Hou ’n deklaag op die grond, verwyder enige dooie blare en trek gereeld die onkruid uit. Werk gereeld kompos of mis by.

Oes die knoppe met ’n snoeiskêr (saam met ten minste 7,5 cm van die steel) voor dit oopgaan.

Lewer kommentaar

Leave a Reply