Vicia faba
Boerbone is maklik om te kweek en baie voedsaam. Dit is veral geskik om nou in Suid-Afrika te plant aangesien dit ’n winterplant is wat hou van koel en vogtige grond.
Boerbone het baie voeding nodig. Berei die grond voor met kompos of mis en gee ’n toediening van 120 g 2:3:2 per vierkante meter.
Saai die saad direk en sorg vir meer as een ry – laasgenoemde bevorder bestuiwing. Die plant groei regop en word sowat 1 meter hoog.
Soos voorheen genoem wil die plant gereeld water hê, veral tydens vrugvorming. Verwyder die groeipunte sodra die vrugte begin vorm, dit ontmoedig plantluise. Die plantluise is swart op die boerboon. Raad teen die plantluis.
Die peule is sowat 3 – 4 maande nadat dit gesaai is gereed.


My boerbone staan 1 meter hoog in blom maar geen bone is sigbaar nie. Blomme verdoog en val af. Voorbereiding van grond was kompos en beenmeel. Gee 2 x per week water en 2 weekliks Sea grow. Kan iemand my asb. help.
Dit klink of jou grond reg is. Al wat ek nog aan kan dink is humiditeit en bestuiwing. Miskien moet jy hulle met water mis spuit om humiditeit te bevorder. As bestuiwing 'n problem is sal jy maar net moet hoop en bid vir insekte. Staan jou rye lekker naby aan mekaar. Dit bevorder gewoonlik die regte mikroklimaat en help baie met bestuiwing.
Kan ek boerbone in houers plant en hoe groot moet die houers wees? Dankie.
Is boerbone n ranker wat met stutte gehelp moed word of is dit n stoel boon tipe wat self regop groei?
Kan boerbone nog vroeg September geplant word in die Noord Kaap
https://groenvingers.blogspot.com/2009/01/saaigids-plantgids.html
Waar kry ek boerboon saad in die hande
Hi kyk by jou Agrimark hulle behoort te hê. Die pakkie saad sê Mayford Aqua Dulce Broadbean Boerbone.