Nasturtium officinale
Begin jou bronkors (watercress) met ’n gewortelde stingel van ’n gesonde plant of koop vir jou een by die kwekery. Jy kan ook ’n paar takkies in water laat staan tot daar wortels vorm.
Maak vir jou ’n poeletjie en plant jou bronkors in ’n houer in die poel. Tap ten minste een maal per week nuwe water in die poel. Soos jy seker kan aflei hou die plante van klam grond.
Oes die bronkors wanneer die blomme verskyn. Die smaak is dan op sy heel beste.