Komkommer

Cucumis sativus

Wat jy eerstens van komkommers moet weet is dat daar twee duidelike groepe bestaan, die wat rank en die wat op die grond groei.

Voor jy komkommers plant moet jy die grond voorberei met mis of kompos en so 90 g 2:3:2 per meter.

Die saad kan direk gesaai word, maar in die kouer dele van Suid-Afrika is dit beter om die plantjies in houers te kweek en later uit te plant.

Knyp die groeipunte van die plant af wanneer dit 60 cm lank is. Dit moedig die plant aan om sylote te vorm en sodoende meer vrugte te dra.

Wanneer die eerste blomme verskyn is dit tyd om vloeibare bemesting toe te dien. Maak eers die grond nat voor jy dit doen.

Sowat 8 – 10 weke na jy gesaai het behoort die eerste vrugte reg te wees vir oes. Sny die vrugte twee keer per week af met ‘n snoeisker.

Lewer kommentaar

Leave a Reply