Kropslaai

Lactuca sativa

Kropslaai is maklik om te kweek. Al wat jy moet onthou is dat dit hou van koel, vogtige toestande.

Kropslaai hou van vrugbare grond. Werk baie kompos of mis by die grond in asook ’n toediening van 60 g 2:3:2 per m².

Indien jy groot kropslaai verkies moet jy dit in saadkissies saai en dan uitplant. Dit lewer glo groter koppe as die wat direk gesaai word. Kropslaai kan enige tyd van die jaar gesaai word.

Soos reeds genoem, moet die plante altyd baie water kry.

Oes die plante deur dit teen die grond af te sny met ’n skerp mes.

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Leave a Reply