In ʼn tyd waar tannies met towerspreuke Blou Bulle wil tem vir die liefde, en waar gesinsmoorde gereeld voorkom, is die verhaal van Medea nog altyd waar en nuut. Sý moes alles (ook haar kinders) opoffer vir die liefde.
In hierdie eenvrouvertelling word Medea gedwing om, as straf en vloek, vir ewig haar verhaal te herleef en oor eeue heen met die publiek te deel.
Met: Coba-Maryn Wilsenach
Regie en ontwerp: Marthinus Basson
Teks: Dieter Reible
Vertaling: Arnold Blumer
Medea is 24 & 25 Augustus by die Klein Libertas Teater in Stellenbosch. Kaartjies kos R80.
Lewer kommentaar