Storm in ’n D-Cup

Sarah Theron steur haar nie juis aan die grêndgeit van toekennings nie. Inteendeel, erkenning maak haar effens senuweeagtig. Daar was al heelparty, “maar ek dink ’n mens is so grênd soos jou laaste konsert.”

Sarah is baie trots op haar nuwe album, Storm in ’n D-Cup. “Ek het die album gemaak om vir myself en ander aan te spoor om hulself onbeskaamd uit te leef.

Sy streef voortdurend na geestelike en intellektuele groei. “Ek is weetgierig; nié nuuskierig nie. Ek vra selde uit; ek leer uit waarneming. En ek lees: álles!”

En sy berou niks. “Ek het geleer en nou weet ek wát ek weet! – presies soos ek sing op die die titelsnit van my nuwe album.”

Storm in ’n D-Cup is vol splinternuwe Afrikaanse volkswysies om aan jou hartsnare te pluk en stuitige tong-in-die-kies country-blues. Sarah lewer ook haar grootste huldeblyke op aanvraag – maak reg vir “Purple Rain”, “Bridge Over Troubled Water” én “Gloryland”!

Laat die storm in jou losruk en daai diva in jou hooggety vier soos nog nooit tevore!

Sarah Theron

Sarah is 9 Augustus by Die Boer in Durbanville. Kaartjies kos R80. Bespreek by 021 979 1911 / 083 406 0111.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply