Rankbone

Phaseolus vulgaris

Baie tuiniers verkies rankbone vir hulle sterk geur.

Werk soveel kompos as moontlik by jou grond in. Werk dit lekker diep in saam met 60 g 2:3:2 per meter.

Rankbone moet gestut word. Die beste is om die stutte aan te bring voor jy saai. Indien jy slegs stokke gebruik om dit op te lei moet jy die stokke 30 cm uitmekaar plant. Die stokke kan jy na binne leun en sorg dat hulle kruis en vasgemaak word, 15 cm van bo af. Die stokke kan verstewig word deur die mikke te verbind met horisontale stokke.

Saai die saad om die voet van elke stok. Dun dit later uit sodat daar net twee plante per stok is.

Wanneer die plante die bopunt van die stokke bereik moet die groeipunt afgebreek word om blom- en peulvorming te bevorder.

Gee ‘n byvoeging van 2:3:2 wanneer die eerste peule begin vorm en strooi kompos om die plante.

As alles reg verloop kan die plante tot 7 weke lank dra.

Lewer kommentaar

Leave a Reply