Eruca sativa
Roket, beter bekend onder die Engelse naam rocket, is ‘n gewilde kruid in die kombuis, tog kweek min mense dit.
Roket is ‘n jaarplant wat onder die regte omstandighede lekker vinnig groei. Jy moet gereeld saai om ‘n deurlopende voorraad te hê. Jy kan ook maar net los, want op die regte plek sal daar gereeld nuwe opslagplante wees.
Die kruid hou nie van ryp of intense hitte nie. Laat dit naby mekaar groei, sodat die plante mekaar kan ondersteun. Hulle word omtrent so 50 cm hoog. Dit moet op ‘n sonnige plek in die tuin staan, maar moet nie te warm kry nie. Verryk die grond goed met kompos voor jy dit saai.