Skorsies

Cucurbitaceae

Die kleiner ranktipes skorsies is veral geskik vir huistuine. Ander soorte moet liefs in groter tuine geplant word.

Skorsies kan direk in die groentetuin gesaai word. Saai die plante ten minste 1 meter uit mekaar.

Maak die plante onder die blare nat om swamsiektes te vermy.

Die vrugte is normaalweg 80 dae na dit gesaai is reg vir oes. Wanneer die vrug normale grootte is kan dit geoes word. Wanneer die vrugte geoes word moet dit afgesny word en nie afgebreek word nie.

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. Wat kan veroorsaak dat my skorsies klein bly en afval van die stingels. Hul raak niks groter as een sentimeter in deursnee nie. Ek maak goed nat (onder die blare) ten minste een maal per dag. Ek bly in Pretoria so dit is nou nogal warm. Ek sien ook miere in van my blomme, kan dit die probleem wees?

  2. Dit kan die hitte wees, hulle vaar nie goed as hulle moet dra in die hitte nie. Graaf in die grond om seker te maak die water bereik die wortels. 'n Gebrek aan bestuiwing veroorsaak dit ook. Is daar voldoende insekte in jou tuin wat bestruiwing doen?

Lewer kommentaar

Leave a Reply