Son op jou groente

Hoeveel son het jou groentetuin nodig?

Groente verkies son deur die hele loop van die dag, maar indien jy in ‘n skaduryke omgewing woon hoef jy nie hande in die hare te sit as dit kom by groente kweek nie. Die volgende minimum son is nodig vir die volgende groente:

Vrugdraende groente – het ag ure son nodig. Dit sluit in tamaties, rissies, eiervrug, komkommers en skorsies.
Wortelgroente – het ses ure son per dag nodig. Hieronder val wortels en beet.
Blaargroente – vier ure son is genoeg. Die belangrike soorte groente is kropslaai en spinasie.

Let daarop dat indien groente naby ‘n boom geplant word hulle dalk genoeg son kan kry, maar nie noodwendig genoeg voedingstowwe en water nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply