Spinacia oleracea
Spinasie moet in vrugbare grond geplant word. Die area moet ons skoon gehou word van onkruid.
Voor die saad gesaai word kan jy 60 g 2:3:2 per vierkante meter by die grond inwerk. Dit is beter om spinasie direk te saai. Dit hou nie daarvan om oorgeplant te word nie. ‘n Maand nadat dit gesaai is werk jy ‘n byvoeding van 30 g per meter in. Kompos of mis op die stadium sal ook goed wees.
Gee spinasie baie water indien dit warm en droog is.
Gewoonlik kan jy spinasie reeds vanaf 7 weke oes. Pluk net ‘n paar blare op ‘n slag, dit lewer uiteindelik ‘n groter oes. Wanneer die blomstele verskyn kan jy die plante uittrek.