Brassica oleracea var. gemmifera
Brusselse spruitjies verkies koel, vogtige groeitoestande en goed voorbereide groend.
Werk soveel moontlik mis en kompos in die grond in. Dan moet die grond ook ’n 90 g toediening van 2:3:2 kry per m². Wanneer die plantjies ’n maand oud is, moet dit weer 2:3:2 kry.
Dit is ook belangrik dat die grond goed vasgetrap word.
Rye spruitkool en die plante in die rye moet 60 cm uit mekaar wees.
Enige onkruid moet gereeld verwyder word.
Die spruite kan na 3 maande gereed wees vir oes. Pluk van onder af boontoe en verwyder ook enige blare wat intussen vergeel het.
Plantluis kan ’n probleem raak.