Komkommerkruid


Borago officinalis

Komkommerkruid is nie vol dinge nie. Saai dit enige plek, enige tyd van die jaar. Die grond moet net nie te nat wees nie. Die beste plek is ‘n beskutte posisie.

Goeie grond sal jou beloon met geil plante. Dit is ‘n jaarplant.

Komkommerkruid lok bye na groente-en kruietuine. Plant dit tussen blaarslaai, tamaties en grasuie.

Die blommetjies kan in somerdrankies en slaaie gebruik word.

Droë komkommerkruidblare is ‘n goeie misstof vir potplante en vrugtebome.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply