Mentha spicata
Plant kruisement in ‘n klam, skaduryke plek in ryk grond. Dit laat die tuin lekker ruik, so plant dit naby paadjies. Dit beheer ook plantluise.
Die plant is nie net ‘n bruikbare kruid nie, maar dra ook mooi, wit snyblomme. Na blomtyd moet die plante heeltemal afgesny word.
Kan iemand my help met my Basil en Kruisement die simpelste groen wurms eet dit op kan ek hul altwee met ietsie spuit wat kan help ipv twee veerskillende gif.
Kyk vir ‘n gif met die bestandeel “Bacillus Thuringiensis”. Dit behoort die wurms te dood. Ek wonder ook of mens nie tabakstof kan probeer nie. Verwyder alle wurms van jou plante. Werk tabakstof liggies by die boonste laag van jou grond in, nadat jy natgespuit het. Jy kan ook daarvan om die stam van elke plant strooi. Dit is net ‘n idee, maar jy kan gerus laat weet of dit gewerk het. Ek het so ‘n idee dat indien dit snywurms is die tabakstof kan werk. Tabakstof is nog een van daai dinge wat baie goedkoop is.
Het die tabakstof toe gewerk?
Goeie more,
My kruisement plant is besmet met luise wat kan ek gebruik om hulle dood te kry asb.
Lees hier:
https://groenvingers.blogspot.com/2009/01/plantluise.html