Perdeblom

Taraxacum officinale

Wanneer ons oor perdeblomme praat moet ons altyd noem dat dit nie verwar moet word met die onkruid met soortgelyke blomme wat grasperke vervuil nie.

Die seegousblom / duinegousblom wat in die Wes-Kaap en Namakwaland voorkom staan ook bekend as perdeblom. Dit is nie waarna ons hier verwys nie.

Perdeblomme, die kruiesoort, is die Engelse dandelion. Dit het ’n roset blare wat naby aan die grond uit die wortel groei. Die blare is heldergroen met diep kepe en die blomme heldergeel.

Perdeblomme hou van ryk grond met baie kompos.

Water die plante in warm weer en sorg dat jy die blomme verwyder wanneer hulle oopgaan, anders kan jy dalk meer plante hê as waarop jy ooit kon reken.

(foto: Forest & Kim Starr)

Lewer kommentaar

Leave a Reply