Melissa officinalis
Die beste is om sitroenkruid met steggies te begin. Om dit van saad te kweek is baie moeilik. Laat die steggies in water tot dit begin wortel skiet. Jy kan dit in hormoonpoeier doop om die proses aan te help.
Plant die steggies inklam grond wat baie kompos bevat. Dit kan in die son of halfskadu geplant word.
Wanneer dit geblom het, moet jy dit laag afsny. Sny dit tot net bo waar jy die nuwe groei kan sien.

