Sanguisorba minor subsp. muricata
Slaaiburnet is ‘n meerjarige plant. Dit vaar goed meeste grondsoorte, solank hulle in die son staan, daar nie ryp is nie en hulle nie deur ander plante verdring word nie. In warm weer moet hulle gereeld water kry.
Moet nie toelaat dat daar te veel blomkoppe oopgaan nie, anders sit jy later met ‘n woud. Verwyder meeste blomkoppe sodra hulle verskyn en sorg ook dat jy gereeld die droë blare verwyder.
Die plant word tot 45 cm hoog.