Ruta graveolens
Waarskuwing: Moet nie sommer met wynruit werk voor jy wet jy is nie allergies daarvoor nie. Indien jy daaraan vat en jou vel toon enige reaksie, was dit dadelik met seep en spoel af met koue water.
Wynruit plant maklik voort en groei omtrent enige plek. Jy kan dit saai, steggies daarvan maak of deur wortelverdeling voortplant. Indien jy opslagplante wil uithaal moet jy sorg dat hulle ten minste 10 cm hoog is.
Wynruit word tot 50 cm hoog. Sny gereeld ou takke uit en verwyder die saadkoppe wanneer dit droog is.
Handige gebruike van wynruit is om dit naby vrugtebome te plant om vrugtevlieë weg te hou. In jou kombuisvensters sal dit ook vlieë verdryf. Of hang dit by jou honde se lêplekke, want vlooie hou ook nie daarvan nie.
(foto Franz Xaver)
HI, EK BLY TANS IN DIE VRYSTAAT EN EK IS OPSOEK NA SO 'N PLANT.
KAN IEMAND DALK MY LAAT WEET WAAR EK DIT KAN KOOP? LAAT WEET MY ASB PER EPOS
leanie.engelbrecht1994@gmail.com
Leanie, ek het vir jou saad as jy belangstel.
Ek stel belang om saad te koop – 0829549207
Kan mens dit as n medisyne gebruik en vir watter doel?
Wa kan en nou van di wynruit koop
Wa kan ek nou van di wynruit koop