Dopluis

Dit is ovaalvormige, harde doppies aan die onderkant van blare of op stingels. By ‘n klein plantjie kan jy dit met ‘n tandeborsel verwyder, maar ‘n groot plant of boom moet met swaelsuursproei behandel word.

Die winter is die beste tyd om vrugtebome met Kalkswael te spuit, wanneer die bome rustend is. Dien 3 keer toe; laat 10 dae tussen toediennings.

Sluit aan by die Gesprek

16 Kommentare

  1. My suurlemoenboom is vol dopluise,soerg dat die bas om die stam uitdroog en afval.Dit is n baie ou boom,maar ek wil hom nie graag verloor nie,hy is besig om nou vinnig agteruit te gaan,het dit nou eers gesien,help aub.

  2. Ek het 'n suurlemoenboompie met dieselfde probleem en het na ons plaaslike kwekery gegaan met twee blaartjies met die probleem. Die man het vir my gesê om Malasol wat 'n produk van Efekto is te gebruik. Die luise sal doodgaan, maar die doppies sal op die blare bly. Die nuwe blaartjies wat uitkom sal dan ongeaffekteer wees. Hoop dit help jou, my boompie lyk al beter.
    Groete
    Anna-Marie

  3. Ek het ook 'n luiserige probleem op my suurlemoenboom. Maar die onderkant van die blare lyk amper soos watte maar meer poeieragtig. Wat kan ek gebruik om daarvan ontslae te raak? Dit het ook al vir my gelyk of van die wit goedjies vlerke het en kan vlieg? Ek is nie seker nie.
    Ek het nou gaan knip aan van die blare en dit in 'n aparte sak gesit wat ek wil weggooi, maar ek moes nou ophou omdat die hele boom so lyk. Ek het die boom gruwelik afgeskeep want ek kan sien die pes het nou versprei.

  4. My suurlemoenboom het knoppies op party blare. Wat kan ek doen om die boom weer gesond te kry?

    Lientjie

  5. Luise:
    Dursban is baie sleg vir die omgewing. Gebruik eerder 'n produk wat imidachloprid bevat as aktiewe bestandeel. Jy dien dit toe as 'n "soil drench" die plant neem dit deur sy wortels op en die luise neem dit in as hulle die plante se sap uit suig.

    Lientjie: Die knoppies is heel moontlik 'n virus wat sitrus bome geneig is om te kry. As die plant dit eers het is daar nie veel wat jy kan doen nie.

  6. Sal soil drench ook vir erge dopluis besmetting van 'n baie groot boom help. Ek het 'n huis gekoop met net 2 bome maar beide lyk nie gesond, die 1 het erge dopluis en die ander lyk asof daar 'n swart laag op stam is. Ek wil nie die bome afkap nie.

  7. Sal soil drench ook vir erge dopluis besmetting van 'n baie groot boom help. Ek het 'n huis gekoop met net 2 bome maar beide lyk nie gesond, die 1 het erge dopluis en die ander lyk asof daar 'n swart laag op stam is. Ek wil nie die bome afkap nie.

  8. Watse huishoudelike produkte kan ek gebruik om dopluis te behandel?

  9. Sal ek suurlemoene kan gebruik as ek malasol spuit vir dopluis? Of is daar iets anders wat ek kan gebruik my boom is nooit sonder vrug nie

  10. Voor die besmetting van dopluis op 'n Bonzai het ek fyn witvliegie opgemerk. Miere is daar nie. Bonzia moes ek binnehuis hou tot bouery voltooi is.was die vliegie 'n draer?

Lewer kommentaar

Leave a Reply