Miere

Let wel: Hierdie raad is vir wanneer jy die nes opspoor. Maak ‘n oplossing van helfte Jeyes Fluid en helfte water en gooi of spuit dit oor die nes. Dit werk ook vir rooispinmyt en roes.

‘n Lagie babapoeier of kaneel sal miere weghou.

Plaas botteldekseltjies met brandspiritus oral in die swart miere se pad. Dit neem ‘n rukkie maar op die ou einde is alle miertjies weg. (Silda Korb)

Strooi gewone babapoeier op die plekke waar hulle voorkom. Hulle verdwyn sommer gou gou.

Maak ‘n sterk mengsel soutwater aan en spuit die besmette plekke daarmee.

Om miere effektief uit te roei moet jy miergif koop. Die soort wat in ‘n plastiekhouertjie kom, sodat die voëls en troeteldiere nie daarvan eet nie. Dit sal die hele miernes uitwis.

Jy kan ook ‘n mengsel van asyn en warm water gebruik om van miere ontslae te raak.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply