Molkrieke (Gryllotalpa africana) kom reg oor Suid-Afrika voor, is bruin van kleur, baie harig en het massiewe voorpote wat ontwikkel het om tonnels te graaf in die grond.
Hulle kan groot skade aanrig op jou grasperk en is normaalweg ‘n probleem op baie nat grasperke. Die skade is gewoonlik in die oggend sigbaar as hopies grond op die grasperk. Die ware omvang van die skade word meer duidelik wanneer die grasperk begin sterf en bruin kolle begin wys.
Molkrieke vreet die wortels van die gras net onder grondoppervlakte, wat veroorsaak dat die gras sterf.
Die beheer van molkrieke is moeilik aangesien hul neste tot ‘n meter of meer onder die grondoppervlakte is.
Die maklikste manier om ‘n grasperk van molkrieke te red is om die grasperk bietjie uit te droog en minder water te gee; iets wat moeilik is in die reënseisoen. Verminder benatting van die grasperk na twee keer per week indien dit nie reën nie.
(foto Lindsay Condon)

