‘n Vrugtevlieg is ‘n insek wat eiertjies lê onder die skil van ‘n vrug. Die maaiers wat uitbroei laat die vrug vrot.
– Verwyder gras, blare en verrottende vrugte onder vrugtebome, sodat vrugtevlieë en rooskewers nie daar kan skuil nie.
– Sit ‘n bietjie brouersgis by jou lokaas vir vrugtevlieë. Hulle vind dit meer aanloklik. Die lokaas moet in Februarie en April uitgeplaas word.
– Maak jou eie omgewingsvriendelike lokvalle. Afhangende van hoe erg die probleem in jou tuin is kan jy verskeie van hierdie lokvalle in jou tuin plaas.
– Hou daardie weggooibare koppies van die laaste kinderpartytjie. Maak elkeen half vol appelasyn. Gooi ’n paar druppels skottelgoedwasmiddel in elkeen. Die wasmiddel sorg dat die vlieë makliker sink.
Plaas die koppies in jou tuin / kombuis.
– Beheer vrugtevlieë met aweruit. Aweruit werk veral goed vir die beheer van plantluise op koolsoorte.
– Plant wurmkruid in areas waar vrugtevlieë ‘n probleem is.