Swaardvaring

Nephrolepis exaltata

Die swaardvaring vertoon baie mooi as dit hang in ’n houer, liefs net een plant per houer. Dit kan tot 1 meter hoog word.

Dit groei maklik in die skadu. Hou die grond klam en sproei gereeld met ’n fyn sproei lou water.

Ondersoek jou nuwe plant goed voor jy dit by die huis inbring. Spinmyt is lief vir hierdie varing. Seepwater sal van die goggas ontslae raak.

Navorsing deur NASA het bevind dat hierdie een van die beste plante is om binnenshuis te hou om skadelike stowwe uit die lug te verwyder.

Lewer kommentaar

Leave a Reply