Aarbeie is van Europese oorsprong en verkies ‘n matige klimaat met suur grond. Die geskikste grond is sanderige leem met baie mis. Dit moet goed dreineer.
Wanneer jy die klein plantjies plant moet jy 22 cm tussen die plante laat en 60 cm tussen die rye. Plant die plantjies so dat die kroon gelyk is met die grondoppervlak.
Die plante moet gereeld water kry. Twee keer per week vir pante wat nie vrugte dra nie en drie keer per week indien hulle vrugte dra. Plaas strooi tussen die plante, sodat die vrugte skoon bly. Dit help ook vir slakke. Gee ‘n toediening van 60 g 3:1:5 per meter plante wanneer hulle begin vrugte dra.
Die plante kan ook in houers gekweek word met gate langs die kant en ‘n waterpyp in die middel. Sorg dat die pot baie son kry.