Frambose

Rubus idaeus

Frambose hou van koel toestande. Indien jy in ‘n warm area in Suid-Afrika bly moet jy dit plant waar dit in die skadu staan gedurende die warmste deel van die dag. Die plante moet te alle tye goed nat gehou word.

Frambose hou van diep goedgedreineerde grond wat met kompos verryk is. Voeg ook 500 g superfosfaat by per vierkante meter. Die plante moet opgelei word teen een of ander stut. Plant hulle 60 cm uitmekaar.

Die plante moet elke jaar in die lente 60 g 3:1:5 kry per vierkante meter.

Meikewers kan lelik skade aanrig. Die beste raad is om hulle met die hand te verwyder.

Lewer kommentaar

Leave a Reply