Musaceae
Piesangs hou van vogtigheid, hitte en humiditeit. Ideaal moet die temperatuur tussen 20°C en 30°C wees en die area moet ’n hoë reënval hê.
Piesangs hou van leemgrond wat goed dreineer en tot ten minste 1 meter diep goed belug is. Die grond moet weke vooraf omgespit word en 1 kg 2:3:2 moet ingewerk word. Die grond moet klam gehou word vanaf die piesangboom geplant is.
Twee maande nadat die boom geplant is, moet dit een maal per maand 60 g 3:1:5 kry vir vyf maande. Dan moet dit 30 g 3:1:5 kry aan die begin van September, November, Januarie en Maart. In September moet dit ook 30 g Engelse sout kry. Dit moet gereeld kompos kry. Gooi dit net om die plant, want die wortels lê vlak en jy kan dit beskadig as jy die grond probeer bewerk.
(foto Kurt Stueber)