Rubus ursinus
Youngbessies moet opgelei word. Die maklikste is om dit sommer teen ‘n heining of muur te plant.
Die grond moet goed dreineer en verryk word met kompos. Dit is ook belangrik om te weet dat die plante nie kwaai ryp en wind kan verdra nie. Berei die grond voor soos vir vrugtebome. Daar moet ‘n deklaag kompos om die plant gegooi word.
In die winter moet jy die plant ongeveer 2 kg ontbinde mis gee en 60 g superfosfaat.
Die vrugte word om nuwe lote gedra. As ‘n loot nie meer dra nie kan jy dit maar tot teen die grond afsny. Snoei die plant in Desember. Mens pluk die vrugte wanneer hulle swart is.