Selfbevrediging

Anoniem skryf:
“Eersten baie dankie vir ‘n puik rubriek.
My vraag gaan dalk vir jou na ‘n wolhaar storie klink (ek self kry skaam daaroor). Ek is ‘n baie bevoorregte (of gestrafde) man, in die sin dat my penis baie lank is, ‘n hele 24cm met ereksie. Ek het ‘n tegniek ontwikkel waar ek (met bietjie moeite) myself oraal kan stimuleer. Ek is absoluut gek daaroor, en bring myself gereeld daardeur tot klimaks. Ek is gaande oor die smaak, en sluk die kom (jammer, ek kan nie aan ‘n ander manier dink om dit uit te druk nie).
Is daar fout met my? Kan dit dalk beteken dat ek gay is? Is daar gesondheidsrisiko’s aan verbonde?”

Marthie van Zyl: LUCY YOU dit is al wat ek so vinnig aan kan dink om te sê …

Nee, geen risiko, kom is skadeloos en heel veilig om te sluk. As jy geen begeerte het om ander mans oraal te bevredig nie dan is jy nie gay nie, maar as jy fantaseer oor ander mans en orale seks, dan sal ek wonder of jy nie moontlik gay mag wees nie, net jy sal dit kan beantwoord.

Geniet jouself (letterlik …)

Lewer kommentaar

Leave a Reply