Rowettia goughensis
Die Gough-streepkoppie kom in pare of klein groepies voorop Gough-eiland.
Die mannetjies en wyfies lyk verskillend. Kenmerkend is die wyfie (nr. 1 in tekening) se spikkels oor haar hele lyf. Die jong voëltjies lyk ook soos die wyfies, behalwe dat hulle ’n ryk oranje-vaalbruin kleur is. Die mannetjie het nie die spikkels nie, maar word geken aan die swart vlek onder sy snawel.
Die voëltjies soek hul kos op die grond en klouter oor graspolle en struike.
Die voëltjies op die eiland is baie nuuskierig en glad nie bang vir mense nie.
(Tekening: Herbert Goodchild)
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Lewer kommentaar