Roekeloos
12 Mei
Gys en Jos is twee roeikampioene wat tydens ’n wedvaart op die Krokodilrivier omslaan en op die oewer uitspoel.
Hulle is jare lank vriende en terwyl hulle wag vir die reddingspan om op te daag, neem hulle hul lewens weer in oënskou, herkou ’n paar kwessies en filosofeer oor die toekoms. Dan gewaar hulle ’n skuitjie in die verte al nader kom …
Wat volg is ’n ontknoping wat jou sal laat lag, huil en met deernis vervul.
Nadat hierdie vertoning verlede jaar in die Boma Kuierteater opgevoer is, het dit soveel reaksie ontlok dat daar besluit is om dit ’n volwaardige produksie te maak.
Wessel Pretorius, oud Laevelder, is tans op almal se lippe oor sy skryfwerk, vertolkings en kreatiwiteit. Hy het hierdie stuk spesiaal vir Innibos tot ’n vollengte vertoning uitgebou.
Met die vars jong talent van Viljé Maritz en Francois Jacobs en onder die wakende ook van gesoute regisseur Albert Maritz beloof hierdie een van die groot verrassings op die feesprogram te wees.
Met: Viljé Maritz en Francois Jacobs
Regie: Albert Maritz
Teks: Wessel Pretorius
Genre: Drama
Ouderdomsbeperking: Gesin
Venue: Laerskool Bergland, Nelspruit
Tydsduur: 55 minute
Prys: R82
Datum en tyd: Wo 2 Julie 18:00, Do 3 Julie 10:00, Vr 4 Julie 14:00 en Sa 5 Julie 10:00